Gavin Prins

Your guide to the world of entertainment


Leave a comment

Dis twak! – Getroud Met Rugby

Die akteur Keenan Arrison is ‘n hubare vrygesel. PICTURE: GOOGLE

Marlon Roelfze, Brendan van Getroud met Rugby sê gerugte dat hy en sy meisie, Deona verloof is, is twakpraatjies. Marlon was een van ‘n handjievol bekendes (die ander was by Huisgenoot se Tempo toekennings die aand) by die eerste episode v

an die nuwe reeks van GMR wat by Mavericks Pub and Grill in Moreleta Park, Pretoria gewys is.
    Die pub was lekker, net jammer die lugversorging kan nie die nie-rokers akkommodeer nie. Want soos jy inst…ap, is dit net die ene rookwolk wat jou tref.      

    Ek het eers vir Marlon gegroet wat my aan van sy vriende voorgestel het. Ek is nog ewe op ‘n soeke na sy ring omdat die skindertonge sê hy het Deona gevra om te trou. Hier is die ware storie. Deona (21), vertel Marlon, het bloot ‘n ring by ‘n vriendin gaan haal. Iemand moes haar daar gesien het en die storie loop en versprei het. “Kan ‘n mens dan nie ‘n ring dra sonder om verloof te wees nie?” wou Marlon weet. Err, nie op die belangrike vinger nie Marlon! Hy het Donderdag vaderskap toetse in Centurion geneem om te kyk of Lounette Heinse se baba wat onlangs gebore is, syne is. Die toetse is eersdaags bekend. Hy erken hy het met haar geslaap maar wil eers doodseker maak die kind is syne.
    Die “Stryders” se afrigter Schalk oftewel Johan Scholtz het hom maar laag gehou en die heeltyd by ‘n tafel met vriende gesit. Al keer wat hy opgestaan het, was om ‘n bord kos te gaan haal by die buffet. Van kos gepraat, daar staan die mense in ‘n lang tou om te skep. Binne minute is die bief-bredie op. Die helfde van die mense moes met aartappel en pasta-slaai klaarkom. Iemand het nie reg somme gemaak nie.

  En dames. Daar is nou nog ‘n nuwe hubare vrygesel beskikbaar. Dit wil nou sê as jul nie omgee om die Idols sangeres Bianca le Grange se left-over kos te eet nie. Die akteur Keenan Arrison (FOTO) wat ook in GMR speel, is nou weer enkellopend. Hy het Bianca het na ‘n paar maande se romanse besluit om hul eie paadjies te volg. Keenan wat ook Ashwin in MNET se The Wild speel, sê hy daar is geen skinderstorie nie. Die verhouding werk net nie. Maar hulle praat darem nog met mekaar.
 
Enige kommentaar stuur ‘n epos aan here