Gavin Prins

Your guide to the world of entertainment

SKOONHEIDSKONINGIN ONTSNAP UIT SEKSHEL. Mev. SA praat vir die eerste keer openhartig oor haar eiland-nagmerrie.

Leave a comment

Lynne de Jager, mev. Suid-Afrika

Lynne de Jager het uit die kloue van ’n Arabiese prins in die Seychelles ontsnap nadat dié met haar wou seks hê. Terug in Suid-Afrika verloor sy haar ongebore baba in ‘n motorkaping. Met alles dit is dié pragtige model verlede jaar as mev. SA aangewys. Maar nou wag die groot kompetisie: mev. Wêreld. En sy gáán hom wen, vertel Lynne aan GAVIN PRINS.

Dit het in Oktober 2009 gebeur maar dit voel soos gister, sê Lynne tydens haar onderhoud. Sy lyk asemrowend in ‘n pienk somersrok. Dis die eerste keer dat sy daaroor praat. Daai Arabiese prins. “The Boss” het sy personeel hom genoem.

Dit was genade van Bo en baie goeie toneelspel wat haar van die eiland gered het.

“Die vrou wat my gestuur het, het gesê dis vir ‘n Amerikaanse maatskappy wat hulle TOP kliente Seychelles toe vat en bederf.  Ek was heeltemal onder ‘n wan indruk van wat regtig daar aangaan.” R20 000 ’n week klink nie te sleg nie.

Sy sou pilates-klasse die gaste aanbied. “Ek was deel van so 80 meisies van regoor die wêreld.”

Lynne vertel die prins se assistent het die reëls mooi voorgelê toe sy in die Seychelles land: jy mag nie teëpraat nie, jy mag nie die prins se versoeke weier nie en werk so hard as wat jy kan.

“Ek het begin snuf in die neus kry. In die kamer waar ek slaap moes ek met ’n meisie van die Kaap deel. Daar was net ’n dubbelbed,” vertel Lynne.

“Toe ons in die eetsaal kom, het ’n oorgewig lyfwag van die prins my eenkant geroep. Ek is in ’n kamer geneem waar ’n paar mense was. Meisies, wyn en vrugte.

“’n Man het op ’n troon gesit. Hy het baie ringe gedra en vroue het groot blare in sy gesig gewaai omdat dit baie warm was.

“Het jy ’n kêrel?,” wou hy weet. “Ek het vir hom gesê ek is getroud. Toe sê hy as ek my ring afhaal en ons seks op die eiland het, sal dit nie ’n sonde wees nie.

“Nog voordat ek kon antwoord, het die meisie (ook van SA) my geëlmboog en herinner ek mag nie teëpraat nie.”

Hy het toe vir haar gesê sy moet eers vir ’n vigs-toets gaan.

Lynne de Jager, mev. Suid-Afrika.

“Ek vra om badkamer toe te gaan en waarna ek na my kamer gehardloop en myself opgesluit het.”

Die volgende oggend moes sy in ’n ry met ander meisies staan en buite ’n kamer wag. Toe sy tweede in die ry staan en sien hoe ’n vrou met ’n naald binne die kamer staan, het sy gemaak asof sy flou word.

“Die prins se dokter wou my pille gee of vir my inspuiting gee maar ek’t gesmeek dat ek huistoe moet gaan.”

Die volgende oggend is sy op ’n vliegtuig terug SA toe.

Sy dink mooi oor haar datums. ’n Maand of wat later, stop sy by ’n vriendin se huis in Germiston en ’n man druk ’n pistool teen haar kop. Die vriendin wat langs haar sit, spring uit die kar, en die rower begin skiet op haar. Hy mis De Jager net-net.

Skok. Ongeloof. Die volgende dag by die dokter en die slegte nuus: sy het haar en Wilhelm (haar man) se ongebore baba verloor.

“Ek het baie gehuil. Ek kon nie glo dat al hierdie dinge met my gebeur nie. Ek het toe begin om vir myself doelstellings neer te skryf.”

Ek wil op die voorblad van ’n tydskrif wees. Ek wil die gesig van ’n produk word. Ek wil op ’n billboard verskyn.

En al drie het waar geword. Sy is verlede jaar as mev. SA gekroon.

Tydens die kompetisie het een van die deelnemers haar beledig en gesê sy het ’n groot beenstruktuur en sal nooit maer kan wees nie. “Gelukkig weet weet ek wie ek is en is heeltemal tevrede hoe ek lyk, so ek het kalm geword en gedink … smile and wave!!

Sy onthou ook hoe sy later by ’n funksie van ’n mev. Verenigde Nasies deur ’n koningin gevra is om haar sash te verwyder.

“In die bedryf is daar baie jaloesie.”

Smile and wave.

“Ek het nie issues nie. Ek pas maklik aan. Ek kan enige partytjie bywoon – van Brakpan tot die Michaelangelo hotel in Sandton.”

Maar hoe inspireer ’n 28-jarige ouer vroue? “Ek het baie lewenservaringe. Ek is al deur baie dinge. Ek weet hoe dit voel om deur jou seerste seer te gaan.”

Lynne is tans besig om voor te berei vir die mev. Wêreld kompetisie.

“Ek is op ’n streng dieët. Jy mag nie te vet wees nie. Ek moet ’n paar kilo’s afskud. Maar ek gaan wen!” terwyl ons by ‘n restaurant sit en aan slaptjips hap. Haar cheat-meal. Sy was verslaaf aan Jelly Tots en Smarties, sê sy. Pizza ook. Maar dis nou in die verlede.

Dis tyd om te groet. Die skoonheidskoningin borrel van energie. Vasbeslote om te wen. En as iets haar onderkry…smile and wave.

Author: Gavin Prins

Gavin is a entertainment reporter at Rapport newspaper in South Africa. He presented Tonge los on channel 111.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s