Gavin Prins

Your guide to the world of entertainment

“My skoonpa stamp aan my” – Joost

Leave a comment

Gavin Prins tydens ‘n onderhoud met Joost van der Westhuizen by sy woonstel in Sandton. FOTO: Felix Dlangamandla/RAPPORT

Die terminaal siek Joost van der Westhuizen beweer hy is deur sy skoonpa, Dario
Vittone, aangerand toe die twee in ’n bekgeveg betrokke geraak het.
Die drama word in die fynste besonderhede uitgestippel in ’n verklaring wat Van der
Westhuizen by die polisie ingedien het.
Rapport kan vandag eksklusief onthul dat Van der Westhuizen klagte van aanranding en crimen injuria teen sy
71-jarige skoonpa ingedien het. Die saak word ondersoek.
Volgens Van der Westhuizen het sy skoonpa hom ’n p*** genoem en hom twee keer hard gestamp.
Die tweede keer het Van der Westhuizen glo teen sy motor geval.

Vittone ontken dat hy Van der Westhuizen gestamp het. Hy het gister by monde van sy vrou, Delyse, erken die twee het ’n rusie gehad, maar ontken dat dit fisiek geraak het. Van der Westhuizen, by wie ’n soort motorneuronsiekte (MNS) verlede jaar gediag­noseer is, het in ’n onderhoud met Rapport by sy woonstel in Sandton gesê hy het met sy selfoon ’n klankopname van
die voorval gemaak. Dis ook so in sy polisieverklaring vervat.
Hy sê hy het verlede Saterdagoggend sy kinders afgelaai by die huis wat hy eens met sy
vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone, gedeel het. “Toe ek buite die huis na my kar stap het Dario na my toe gekom en my uitgevra oor hoekom ek so baie goed vir my kinders koop. Dario sê toe ek moet dit nie weer doen
nie.
“Ek kan mos doen wat ek wil. Dis my kinders. En toe begin hy my stoot. En hy het my uitgedaag om terug te baklei. Ek het toe vir hom gesê ek het ’n spiersiekte. Ek kan nie terugbaklei nie.”
En toe stoot Vittone hom blykbaar weer teen die motor. Hy het twee dae later klagte by die Douglasdale-polisiekantoor naby Dainfern ingedien. Die polisie het die klagte bevestig.

Delyse sê egter wat haar man by Van der Westhuizen wou weet, is hoekom hy nie die egskeidingsooreenkoms wat al in Maart opgestel is, wil onderteken nie.
“Dario het hom versoek om met Amor te vergader sodat hulle hul verskille kan bylê. “Dario het wel sy wysvinger vir Joost gewys en gesê hy moet sy k*k stop. Joost het vir Dario gevra of hy hom dreig. My man het toe gesê hy wens Joost was gesond sodat hulle kon baklei.”
Dario het nie aan sy skoonseun geraak nie, sê Delyse.
Van der Westhuizen sê hy is moeg daarvoor dat sy skoonouers met sy skeisaak inmeng. “My egskeiding het niks met
Dario en Delyse te doen nie. Hulle meng in.” Hy het om ’n beskermingsbevel teen sy skoonpa aansoek gedoen. Voorts wil hy ’n hofbevel kry wat hom sal toelaat om “meer” van sy kinders te sien. Hy beweer Amor weerhou hom daarvan om sy kinders gereeld te sien.
Intussen blyk dit dat die behandeling wat hy twee maande gelede in Londen vir sy siekte ontvang
het, besig is om sy spiere te stabiliseer. Lees verder op RAPPORT storie

Joost verduidelik hoe hy en sy skoonpa, Dario Vittone, in ‘n argument betrokke geraak het. FOTO: Felix Dlangamandla/RAPPORT

Author: Gavin Prins

Gavin is a entertainment reporter at Rapport newspaper in South Africa. He presented Tonge los on channel 111.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s