Gavin Prins

Your guide to the world of entertainment

WOLWEDANS IN DIE SKEMER WORD HERLEEF

Leave a comment

Leon van Nierop laat WOLWEDANS IN DIE SKEMER herleef. FOTO: GOOGLE IMAGES

Toe WOLWEDANS IN DIE SKEMER in 1980 op radio sy debuut gemaak het, het die verhaal binne 6 weke ‘n sensasie veroorsaak en gou bekend geraak as die gewildste radioverhaal sedert Die Du Plooys van Soetmelksvlei. Skoolkinders het sport gemis en huis toe gejaag daarvoor.

Vergaderings is rondom die verhaal  geskeduleer en feitlik elke huisgesin het op een of ander manier na die storie geluister. Dit het toe ook ‘n TV-reeks en roman geword. Sedertdien het luisteraars sonder ophou gevra dat die verhaal moet terugkom. En NOU gebeur dit.

Ter herdenking van die SAUK se 75ste verjaarsdag, het Leon van Nierop die storie aangepas en gemoderniseer na die jaar 2012.

Hy het sy radioteks gegrond op sy rolprentdraaiboek vir die rolprentweergawe wat op 5 Oktober in meer as 60 teaters landswyd vertoon gaan word met ‘n sterrolverdeling.

Nou gaan WOLWEDANS IN DIE SKEMER terug na waar hy oorspronklik begin het: op radio! Vanaf Maandag, 6 Augustus voer Leon sy nuut geskrewe radiotekse weer op met feitlik al die spelers wat ook in die rolprent optree soos Rolanda Marais, David Louw, Desiré Gardner, Gerard Rudolf, Lelia Etsebeth en Karen Wessels. En daar is ‘n paar ekstra storielyne en nuwe kinkels ingeskryf om luisteraars aan die raai te hou. Wie pleeg al die moorde in Hotel Njala in die Hazyview vallei en waarom?

Die hadidas krys weer as die wolf uit sy skuilplek kruip vanaf 6 Augustus om 14:45 net op RSG, mét die oorspronklike kenwysie.

(persverklaring van RSG)

Author: Gavin Prins

Gavin is a entertainment reporter at Rapport newspaper in South Africa. He presented Tonge los on channel 111.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s